BELANGRIKE VEILIGHEIDSKENNISGEWING

Denon stel vrywillig wêrelwyd ’n program van regstellende optrede in vir sekere groepe van sy HEOS 1 Go Pack, ’n herlaaibare litium-ioon-batterypak wat as ’n bykomstigheid vir die draagbare HEOS 1-luidspreker verkoop word.

Denon het vasgestel dat die battery in die Go Pack kan oorverhit, wat ’n brandgevaar skep. Die regstellende optrede raak nie enige ander Denon-produkte nie.
As jy ’n HEOS Go Pack gekoop het, kyk asseblief hier: Skakel na reeksnommer-kontroleringsbladsy of jou Go Pack geraak word. Jy kan jou reeksnommer agterop die produk vind.

Ons wil graag beklemtoon dat Denon baie ernstig is oor klante se veiligheid en daarom, eerder oormatig versigtig, het Denon besluit om vrywillig ’n batteryvervangingsprogram in te stel om enige potensiële risiko uit te skakel.

Thank you! Your submission has been received!
Oops! Something went wrong while submitting the form
Copyright © 2016 D&M Holdings, Inc. All Rights Reserved.